Intro

Die lewe is vir my soveel meer as musiek, maar tog geheel en al leeg daarsonder. Musiek kan in die klank van ‘n stem, in die ritme van voetstappe, of selfs in ‘n diepe stilte gehoor word. Voëlsang en ‘n gelag maak ons sintuie wakker vir die lewe en herinner ons aan die bestaan van die res van die wêreld. En dan is daar die viool…vir my net so noodsaaklik soos bogenoemde, maar wat nietemin uitstyg om intieme werklikhede en die emosies wat daardeur ontstaan, vas te vang en te kommunikeer. Dit is wat ek met jou wil deel.

Welkom op my webwerf,

Christy